Sunday, November 4, 2007

Well done Joe!



Goeie genugtig, dit lyk my my broer vang nou die see leeg. Gister 4 November skakel hy my met die nuus dat hy 13 leervisse die oggend aangekeer het met vlieg. Die een meet 5o cm.
Ek is bly jy het sulke sukses, ek hoop net die run en weer hou tot ek daar land. Alwin kan nie wag om 'n slag te hengel nie en ek self kort 'n breek, die jaar was lank. April was die weer so sleg en ons hengeluitstappies glad nie suksesvol nie.
Ek het reeds begin om ons toerusting reg te kry maar moet aandag gee aan my vlieggery. 'n Mandjie is tans die probleem, my geel een is al so baie keer raakgery in die moterhuis en elke slag as ek gaan skiet gaan dit saam - ek dink nie dit is meer geskik vir 'n vlieglyn nie.